
=====================================================================
Vele koppe maak puik planne (AV 7:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Vele koppe maak puik planne

DIE Vista/Mangaung-biblioteekprojek het die afgelope twee jaar reeds getoon dat samewerking voordelig is.

Die droom van Gladys Setlalentoa, 'n laerskoolonderwyseres van Daluxolo, om 'n Afrikaanse biblioteek in Mangaung te stig, is bewaarheid 
deur interaksie tussen die Universiteit Vista, die media en die brer gemeenskap van Bloemfontein. Vandag is die biblioteek 'n byenes van 
aktiwiteite waar kinders en onderwysers uit die bre Mangaung-gemeenskap daagliks vergader.

Setlalentoa het spoedig besef dat die biblioteek in verskeie behoeftes voorsien, maar dat dit nog ander dringende behoeftes sal moet 
akkommodeer. Een van hierdie behoeftes is om matrikulante wat Afrikaans as nie-moedertaal bestudeer, met hul voorgeskrewe letterkundige 
werk te help.

Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein is genader. Die kurator, mnr. Otto Liebenberg, het 
voorgestel dat 'n video gemaak word wat enkele voorgeskrewe werke behandel. S kan baie skole voordeel trek uit die video's, kan die 
moedertaaluitspraak gehoor en die funksies van NALN aan leerders en onderwysers bekend gestel word.

Met die hulp van die Stigting vir Afrikaans, NALN en die Universiteit van die Vrystaat is die video gemaak, en dit word tans in die 
Vista/Mangaung-biblioteek gehuisves vir gebruik deur skole. Etlike skole het reeds kopie in hul besit.

Daar word nou op terugvoer van die betrokke onderwysers gewag. Dr. Matilda Smith, Departement Afrikaans, Vista Universiteit, Bloemfontein.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7312.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Julie 2000 /// Om vir moedertaal te stry of nie (AV 7:3) /// Terugblik 
op die grootste kunstefees (AV 7:3) /// Vlytige voorstander van veeltaligheid (AV 7:3) /// Forum vir openhartige debat (AV 7:3) /// Komrij 
blues (AV 7:3) /// Afrikaans as skakel na die buiteland (AV 7:3) /// Groot tjek vir stoepplesier (AV 7:3) /// Nuwe hoop vir ongeletterde 
plaaswerkers (AV 7:3) /// Behou diversiteit in globaliseringsproses (AV 7:3) /// Vennootskap van inheemse tale is prioriteit (AV 7:3) /// 
Carl Niehaus het in Nederland gebou (AV 7:3) /// Vele koppe maak puik planne (AV 7:3) /// ET blues (AV 7:3) /// Nuwe speler op die taalveld 
(AV 7:3) /// Talle faktore gryp in universiteitstaal in (AV 7:3) /// Tussen Scylla en Charybdis deurvaar (AV 7:3) /// Ver gemeenskappe se 
leiers leer sakevernuf (AV 7:3) /// Hansie blues (AV 7:3) /// Twee letterkundiges in gesprek (AV 7:3) /// 'n Bloeityd in die reklamebedryf 
(AV 7:3) /// Woordeboeke gee leerproses woema (AV 7:3) /// Nuwe toevoeging tot woordeboeklys (AV 7:3) /// Twee Koreane verstaan toe 
Afrikaans (AV 7:3) /// Studente wil in Afrikaans feesvier (AV 7:3) /// Afrikaans word in toneelwreld nuut gespel (AV 7:3) /// Jou 
Afrikaans is redelik goed! (AV 7:3) /// Privaatgesprek (AV 7:3) ///

